Vivaldi Blaaier - Snel, Veilig

4,6
76,6 k resensies
5 m+
Aflaaie
Inhoudgradering
Almal
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent

Meer oor hierdie program

Vivaldi is ’n nuwe privaat webblaaier gebou met buigbaarheid in gedagte. Dit is propvol nuttige funksies soos ’n ingeboude advertensieversperder (by verstek gedeaktiveer), naspoorderbeskerming en privaat vertaling. Nutsmiddels soos notas en skermkiekies bied u speelkans maar laat u ook tyd spaar. En opsies soos werkskerm-tipe oortjies, donker/ligte temas en uitlegkeuses laat u toe om Vivalvi u eie te maak. Laai gratis af en begin vinnig blaai.

🕵️‍♂️ PRIVAAT BLAAIERY

U blaaier, u besigheid. Ons spoor nie na hoe u Vivaldi gebruik nie en privaat oortjies beteken u hou u blaaigeskiedenis vir uself. Soektogte, besoekte webwerwe, koekies en tydelike lêers word nie bewaar as u privaat oortjies gebruik nie.

💡 EGTE OORTJIE-OPSIES

Kies tussen ’n Oortjiebalk (goed vir groot skerms en tablette) of ’n Oortjiewisselaar om u oortjies te bestuur. In die Oortjiewisselaar kan u vinnig vee om oop-, privaat- of onlangs gesluite oortjies in die blaaier te vind, of oortjies wat op ’n ander toestel oop is.

⛔️ VERSPER REKLAME & NASPOORDERS

’n Ingeboude Advertensieversperder wat u regoor die web veilig hou - sonder dat uitbreidings nodig is. N.S. Dit maak ook u blaaier vinniger.

🏃‍♀️ BLAAI VINNIGER

Blaai vinniger deur u gunstelingboekmerke as Snelkiesers op die nuwe-oortjieblad toe te voeg. Hou dit so aan u vingerpunte. Sorteer dit in vouers, kies uit talle uitlegopsies en maak dit u eie. U kan ook maklik tussen soekenjins wissel deur Soekenjinbyname te gebruik in Vivaldi se adresveld (soos ‘d’ vir DuckDuckGo of ‘w’ vir Wikipedia).

🛠 INGEBOUDE NUTSMIDDELS

Vivaldi kom met ingeboude nutsmiddels waarmee u effektiewer kan werk en minder rond hoef te spring om iets gedoen te kry. ’n Voorsmaak:

- Kry privaat vertalings van webwerwe met Vivaldi Vertaal (aangedryf deur Lingvanex).
- Neem Notas soos u blaai en sinchroniseer dit veilig tussen al u toestelle.
- Maak skermkiekies van ’n volblad (of slegs die sigbare deel) en deel dit vinnig.
- Skandeer QR-kodes om skakels tussen toestelle te deel.
- Gebruik Bladaksies om webbladinhoud met filters aan te pas.

🍦 NEEM U DATA MET U MEE

Vivaldi is ook beskikbaar op Windows, Mac en Linux! Gaan voort waar u vertrek het deur data oor toestelle te sinchroniseer. Oortjies, aantekeninge, boekmerke en notas sinchroniseer na al u toestelle met eind-tot-eind-enkripsie en kan met ’n wagwoord ook nog beveilig word.

Alle Vivaldi-blaaierfunksies

- Geënkripteerde Sinchronisering
- Advertensieversperder
- Skermkiekies
- Snelkiesersneltoetse vir gunstelinge
- Notas met ryktekssteun
- Privaat oortjies
- Donkermodus
- Boekmerkbestuurder
- QR-kodeskandeerder
- Steun vir Eksterne-aflaaibestuur
- Onlangs gesluite oortjies
- Soekenjinbyname
- Leseraansig
- Kloon oortjie
- Bladaksies
- Taalkieser
- Aflaaiebestuurder
- Outo-wis van blaaierdata by verlaat van toep
- WebRTC-lekkasiebeskerming
- Koekiebanierversperring
- 🕹 Ingeboude arkade

Talle van Vivaldi se funksies is die resultaat van versoeke van u, ons gebruikers. Wat sal u ideale blaaier maak? Dien ’n funksieversoek in: https://vvld.in/feature-request.

✌️ WIE IS VIVALDI?

Ons bou die veelsydigste, aanpasbaarste blaaier wat daar is en ons het twee beginsels: privaatheid eerste en alles is opsioneel. Ons spoor u nie na nie en glo dat privaat en veilige programmatuur die reël moet wees, nie die uitsondering nie. Ons glo dat programmatuur so uniek moet wees soos die persoon wat dit gebruik. U kies hoe Vivaldi werk, watter funksies dit gebruik en hoe dit daar uitsien. Dis immers u blaaier.

Sinchroniseer met ons werkskermweergawe (beskikbaar op Windows, macOS en Linux) om die meeste uit Vivaldi te put. Dis gratis en het baie dinge waarvan ons dink u gaan hou. Gry dit by: vivaldi.com

Neem blaaiery op u foon en tablet ’n stap hoër met Vivaldi-blaaier. Privaat oortjies, ingeboude advertensieversperring en ’n nuwe vertaalfunksie wat u sal verbyster.
Opgedateer op
28 Jun. 2024

Dataveiligheid

Veiligheid begin wanneer jy verstaan hoe ontwikkelaars jou data insamel en deel. Praktyke vir dataprivaatheid en -sekuriteit kan verskil op grond van gebruik, streek en ouderdom. Die ontwikkelaar het hierdie inligting verskaf en kan dit mettertyd opdateer.
Geen data word met derde partye gedeel nie
Kom meer te wete oor hoe ontwikkelaars datadeling verklaar
Geen data ingesamel nie
Kom meer te wete oor hoe ontwikkelaars insameling verklaar

Graderings en resensies

4,5
70,1 k resensies
André Kruger
02 Desember 2023
Best. Xlnt email also. Flexible layout.
Was dit vir jou nuttig?

Wat's nuut

🎉 Welcome to Vivaldi 6.8! We've been listening to your feedback and now it's even more Powerful and Personal. Here’s what’s new:

- Configurable Toolbar button. Choose from various options to make it yours.
- Customizable Start Page. Add speed dials with a swipe, putting favorites just a tap away.
- Bookmarks nickname matching. Assign nicknames to bookmarks for faster browsing.

Enjoy these features and have an epic summer!

Loving Vivaldi? Show your support with 5 stars!