Gaan na inhoud

Oopbroninhoud

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kenteken van die Definition of Free Cultural Works projek

Opebroninhoud, vrye-inhoud, of libre-inhoud is enige skeppende werk, soos 'n artikel, 'n prent, luister- en kykmateriaal, 'n kunswerk, 'n boek, 'n sagteware program, of enige ander kreatiewe inhoud wat aan die Definisie van Vrye Kulturele Werke (Definition of Free Cultural Works) voldoen. Spesifiek: "werke of uitdrukkings wat vrylik bestudeer, toegepas, gekopieer en/of gewysig kan word, deur enigiemand, vir enige doel",[1] insluitend, in sommige gevalle, kommersiële doeleindes. Vrye-inhoud omvat alle werke in die publieke domein en ook daardie kopieregwerke waarvan die lisensie die definisie van vrye kulturele werk eer en handhaaf.

In die meeste lande verleen die Berne Konvensie kopiereghouers by verstek monopolieke beheer oor hul skeppings. Daarom moet kopiereg-inhoud uitdruklik vry verklaar word deur die outeur(s), wat gewoonlik bewerkstellig word deur te verwys of lisensieverklarings van binne die werk in te sluit. Die reg om genoemde werk te hergebruik word deur die outeur(s) verleen in 'n lisensie bekend as 'n vrye-lisensie, 'n vrye-verspreidingslisensie, of 'n oop-lisensie, afhangende van die regte wat toegeken is. Hierdie vryhede wat aan gebruikers gegee word in die hergebruik van werke (dit wil sê die reg om hierdie werke vrylik te gebruik, te bestudeer, te wysig of te versprei, moontlik ook vir kommersiële doeleindes) word dikwels geassosieer met verpligtinge (om die oorspronklike outeur aan te haal, om die oorspronklike lisensie in stand te hou van die hergebruikte inhoud) of beperkings (uitgesluit kommersiële gebruik, die verbod op sekere media) wat deur die skrywer gekies is.

Daar is 'n hele spyskaart van gestandaardiseerde lisensies wat verskillende opsies bied wat skrywers toelaat om die tipe hergebruik van hul werk te kies wat hulle wil magtig of verbied (byvoorbeeld die sogenaamde Creative Commons-lisensie).

Definisie[wysig | wysig bron]

'n Vrye kulturele werk is, volgens die "Definition of Free Cultural Works", een wat geen noemenswaardige wetlike beperking op mense se vryheid het om:

  • die inhoud te gebruik en daarby baat te vind,
  • die inhoud te bestudeer en dit wat geleer word toe te pas,
  • kopieë van die inhoud te maak en te versprei,
  • die inhoud te verander en te verbeter en hierdie afgeleide werke te versprei.[1][2]

Alhoewel daar 'n groot aantal verskillende definisies in gereelde alledaagse gebruik is, is vrye-inhoud wetlik baie soortgelyk aan oop-inhoud. 'n Analogie is 'n gebruik van die mededingende terme Vrye sagteware en Oopbronsagteware, wat ideologiese verskille eerder as wettige verskille beskryf.[3]

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die eerste aangetekende gebruik van die term "opebroninhoud" was waarskynlik die poging van die Koninklike Vereniging om, as ’n openbare onderneming, inligting oor die wêreld heen te versprei en deel.

Opebroninhoudprojekte (in alfabetiese volgorde)[wysig | wysig bron]

Lisensies[wysig | wysig bron]

Erkenning[wysig | wysig bron]

Die lys van oopbroninhoudprojekte is gedeeltelik gebaseer op die The Institutional Design of Open Source Programming (http://www.firstmonday.org/issues/issue8_1/schweik/index.html) beskikbaar by Firstmonday

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Erik Möller, e.a. (2008). "Definition of Free Cultural Works". 1.1. freedomdefined.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2016. Besoek op 20 April 2015.
  2. Stallman, Richard (13 November 2008). "Free Software and Free Manuals". Free Software Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2021. Besoek op 22 Maart 2009.
  3. Stallman, Richard. "Why Open Source misses the point of Free Software". Free Software Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2011. Besoek op 5 Augustus 2016.

Bronnelys[wysig | wysig bron]